Sasol 1950-1975 / Johannes Meintjies

R170.00

Johannes Meintjies het aansien verwerf as ‘n vername Suid-Afrikaanse kunstenaar en het reeds oor die vyftig eenmansuitstallings gehou. Sedert 1964 het hy ‘n reeks biografiese en historiese studies die lig laat sien.  Hy stel intens belang in alle sake rakende Suid-Afrika – sy persoonlikhede, oorloë, streke, sy ontwikkeling en sy dorpe. In die verhaal  van Sasol het hy ‘n samestelling van byna al hierdie fakture gevind.

Out of stock

SKU: GESK.CHA.001/4/18 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum:Eerste druk 1975

Toestand: Hardeband met stofomslag skeur op agterkant van omslag boek nog skoon

Johannes Meintjies (Foto van binneblad van boek se omslag)

Johannes Meintjies kom eintlik van die Stormberge af. Met die vroeë dood van sy vader, ‘n skaapboer in die distrik Moleno, het die gesin op Riversdal gaan bly, waar die seun op 19 Mei 1923 gebore is en tot 1938 skoolgegaan het. Nadat hy gematrikuleer het, het hy ‘n graad in die lettere aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Met ‘n  loopbaan as kunsskilder voor oë, het hy sy akademiese opleiding in die skone kunste op ouderdom 15 begin. Die letterkunde was sy tweede liefde, en ook op hierdie gebied het hy op jeudigte leeftyd reeds aansienlike aanleg getoon. Die jaar 1944 het sowel die publikasie van sy eerste boek as die eerste uitstalling van sy skilderye gesien. Sedertdien het hy in London, Amsterdam en Parys gestudeer en in Kaapstad en Johannesburg gewoon tot hy in 1949 na die ou familieplaas Grootzeekoegat in die distrik Moleno teruggekeer het en dit sy hooftuiste gemaak het.