Sewe: jou kompas tussen lig en duister / Leon Fouché

R130.00

Sewe was nog altyd bekend as die volmaakte getal. Daarom was die idee van 7 sondes en nogal 7 doodsondes vir my van jongs af ietwat onvanpas in vergelyking met die 7 deugde. Tot die dag wat ek in die ker sit en ‘n preek van prof. Dirkie Smit hoor (1994) waarin hy noem dat die 7 doodsondes in die Middeleeue aan die dae van die week gekoppel was. Skielik het die vir my sin gemaak. Die 7 dae kan ‘n mens help om bedag te wees op 7 gestaltes van die kwaad… en sommer om die 7 gestaltes van die goeie ook te onthou. Goed en kwaad is mos maar altyd in mekaar verstrengel.

Wanneer goed en kwaad in die gemoed van mense egter so vervleg raak, dat die goeie sleg en die kwade goed word, is ‘n kompas nodig wat jou kan oriënteer tussen lig en duister. Ek het sommer daar in die kerk besluit op dié tema vir die volgende jaar se huisbyeenkomste.

Die 7 klassieke doodsondes is: Hoogmoed, afguns, woede, afsydigheid, gierigheid, vraatsug en wellus.

1 in stock

SKU: GEE.TJA/001/5/2/21 Category:

Description

Lux Verbi

Eerste uitgawe, eerste druk 1999

Sagteband moderne nuwe boek, skrywer het boodskap geskryf vir die vorige eienaar, boek in mooi nuwe toestand verder .

Die sketse in hierdie boek is deur Sara Fouché