Siegfried /Anker, Willem

R120.00

“Hy is op sy pa se skoot. Hy hoor die perde hardloop in sy borskas. Hy ruik die sweet en die tabak. Sy pa sê perde galop. Sy pa se gesig is bruin dit het klomp. swart hare bo-op die kop en groot ore en dun oë sy pa sê hulle kruip weg vir die son. Sy kop is teen die bors hy hoor die perde galop al hoe harder en vinniger iets gryp sy skouer …”

 

Siegfried Landman het saam met sy pa op ‘n afgeleë plaas in die Karoo gewoon.
Dan, op ‘n dag, val sy pa dood neer, en moet hy mak soos sy pa hom al die jare laat oefen het: gaan haal oom Willem Smet (die bywoner op hulle plaas) en gaan Kaapstad toe, na oom Bert Fischer, sy enigste oorlewende familielid naas sy ma,
‘n meermin in die see.
Dit word ‘n meesleurende reis – ‘n pelgrimstog waartydens Siegfried en Smet aan die stikdonker kant van die stad ingedonder word.

Out of stock

SKU: FIKSIE.BAR.066/9/8/24 Category: Tag:

Description

Kwela

1ste uitgawe 2007

Sagtebandboek in puik nuwe toestand, toekennings plakkers op voorblad van omslag

UJ-Debuutprys 2008

Jan Rabie / Raport-Prys 2008