Description
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Eerste uitgawe 1980
Toestand: Hardeband met pragtige skets op voorblad, geen omslag in puik toestand, boek is so goed as nuut
Illustrasies: Cora Coetzee
R150.00
In die dik stam van die groot ou eikeboom woon daar sewe kabouters. Soek-soek, wat nog nie ‘n hele honderd jaar oud is nie, is die jongste van die klomp en die een wat altyd vrae vra.
Toe die mensman sulke vreemde bruin pille vir die kabouters se aartsvyande – die muis – neersit, en die kabouters ontdek aar die muise dit bere, word Soek-soek na die Groot Kabouter in die Bruin Bos gestuur om te gaan hoor of hulle dit mag eet.
In die Bruin Bos gebeur vreesaanjaende en wonderlike dinge met Soek-soek, maar hy kry nie werklik ‘n antwoord op sy vraag nie. Die Groot Kabouter sê wel hulle mag nie die bruin pille eet nie, maar hy sê ook Soek-soek moet self besluit wat hulle daarmee moet maak…
Out of stock
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Eerste uitgawe 1980
Toestand: Hardeband met pragtige skets op voorblad, geen omslag in puik toestand, boek is so goed as nuut
Illustrasies: Cora Coetzee