Description
CUM Boeke
Eerste uitgawe, eerste druk 1981
Hardeband met mooiste stofomslag boek in puik toestand, geel sellotape op eerste binneblad bo geplak
Stofomslag: Mauritz Hatting
Boek is skaars
Oor die skrywer van die agterflapteks: H.J. Vermaas het begin skryf “as ‘n uitlaatklep vir die heimwee en verlange na die plaaslewe en berge van my jeug”. Dit was 33 jaar gelede in Johannesburg. Sedertdien het hy hom onderskei as ‘n kolos onder Afrikaanse jeugboekskrywers, in so mate dat sy werk bekroon, vertaal en ook in ander bundels opgeneem is.
Grenswag was sy 14de boek, voorafgegaan deur Grenkte trots, Sy perd staan gereed, Die reus van Doringberg, Die ysterklip, Die nors leeu, Die swartwitpens, Die perdedief, Present, Drietoon van die Vrystaat, Vallei van die skedels, Oë oor die einders, Die groot steilte, en Sonskyn en intrekreën. Die swartwitpens is onder die titel Schwarze antilope en Present as Verschworene Gefahrten in Duits uitgegee.
Die Scheepersprys vir Jeuglektuur is in 1966 deur SA Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hom toegeken.