Soos Arende / Mauritz H.O. Preller

R100.00

Soos Arende is ‘n besonder realistiese verhaal oor die lugoorlog in Korea, ook bekend as Die land van die Morekalmte. Suid-Afrika het natuurlik self ook ‘n groot aandeel in die Koreaanse oorlog gehad, en die heldhaftige optrede van ons manne in die Vlieende Tiers-eskader het reeds legendaries geword.

Uit die aard van die saak is die verhaal fragmentaries, maar dit doen beslis geen afbreuk aan die werk nie, want die skrywer maak doelbewys van hierdie metode gebruik om sy asemrowende staaltjies te vertel, soos dié van Jooste wat nie in ‘n F86 kon land nie omdat hy nie geweet het hoe nie, en die van die heldedaad van luitenant Tromp wat ‘n brandende bomwerper na die aarde teruggeloods het omdat hy nie kon toesien dat  ‘n makker soos ‘n kastaing in die verterende vlamme veras word nie.  Maar die spannendste van  bly nog die beskrywing van die gevegte met die Migs in die lug. Aangrypend is die atmosfeertekening wanneer ‘n Afrikaner in die afgronde wegbrand en nie weer sal terugkeer nie. Oorlog maak die vlieëniers hard en ongenaakbaar, maar onder hierdie kors is daar harte wat bloei. Die slot is een van die aangrypendstes in die Afrikaanse prosa: die trane van ‘n geharde held…

Soos Arende is die skrywer se tweede boek oor die oorlog in Korea, en dit sal die leser veel stof tot nadenke bied…

1 in stock

SKU: FIKSIE.KLE.006/1/12/21 Category:

Description

Afrikaanse Pers-Boekhandel

Hardebandboek met mooi kleurvolle stofomslag, omslag toon effense verweer op hoeke en rugkant, inskripsie op binneblad.

Stofomslag ontwerp deur Phil Botha

Ander boeke deur die skrywer:

Kobra-leier
Studentedae
Kobra-leier
Lentedae

Laasgenoemde drie boeke staan bekend as sy Studente-trilogie