Stamland: ‘n reis deur Nederland /Schoeman, Karel

R150.00

In die Europese herfs van 1998 het Karel Schoeman na ‘n afwesigheid van meer as twintig jaar weer ‘n kort besoek aan Nederland gebring.

Op persoonlike vlak was hierdie besoek bedoel om ‘n verkenning en ‘n afskeid te wees, soos hy self skryf, maar twee ander temas het hiermee vervleg geraak: ‘n boek oor sy Nederlandse voorouers en die negentiende-eeuse Nederland wat hy pas voltooi het, en ‘n werk oor die Nederlandse Kolonialisering van Suid-Afrika in die sewentiende en agtiende eeu waarmee hy besig was. Dit is die drievoudige motief wat deur hierdie reisbesinning loop.

Stamland is ‘n vervolg op en ‘n voorlopige afsluitng van Schoeman se familiebiografie Merksteen wat reeds soveel aandag getrek het. (Vanaf die agterplat van Stamland.)

Out of stock

SKU: FIKSIE.CHA.003/16/8/17 Category:

Description

Uitgewer:  Human & Rousseau

Datum: Eerste uitgawe 1999

Toestand: Sagteband in mooi nuwe toestand