Storiepalet /Vermaak, Jan B (Red)

R65.00

Storiepalet teken die Suid-Afrikaanse leefwyse in ‘n verskeidenheid van kleur, tekstuur en styl. Daar is stories oor die skool en plaas, tegnologie en sierwaens, stories oor gangsters en ellendelinge en gewone mense, oor toyi-toyi en begrafnisse, stories oor die lewe en oor die dood.

Hierdie kleurryke versameling, uit die penne van ons voorste skrywers, bied ‘n uitstekende inleiding tot die Afrikaanse kortverhaalkuns. Alledaagste gebeurtenisse word vanuit lighartige, ironiese of somber perspektiewe beskryf en laat die leser nuut oor gewone dinge dink. Weens die eerlikheid en nugterheid wat daaruit straal, behoort hierdie verhale by ‘n breë publiek byval te vind.

Storiepalet is vir lees en oordink en is in sy geheel ‘n verrykende leeservaring.

Out of stock

SKU: KOR.SCH.010/7/19 Category:

Description

JL van Schaik

Eerste uitgawe 1998

Sagteband in mooi nuwe toestand