Description
Die SA Akademie vir Wetenskap en kuns
Eerste uitgawe 2019
Sagteband – nuut aangekoop (Donker groen rugkant)
R250.00
Daar bestaan tans kommer oor die toekoms van Afrikaans as ’n akademiese en wetenskapstaal, ’n kommer wat nie ongegrond is nie. Afrikaanssprekende wetenskaplikes publiseer toenemend slegs in Engels as gevolg van die internasionalisering van universiteite en ’n gevolglike groter teikenmark. Hierdie tendens gebeur ten spyte van Afrikaans se uitsonderlike prestasie dat dit een van slegs vyf tale is wat in die 20ste eeu tot ’n volle wetenskapstaal ontwikkel het!
Hierdie onbehaaglike situasie waarin Afrikaans haar bevind, word vererger deurdat verskeie taalkantore by regerings- en ander instansies wat terminologie geskep het, oor die afgelope paar dekades gesluit is. Geen vakkommunikasie is egter moontlik sonder gestandaardiseerde terminologie nie: ? taal waarvan die terminologie nie ontwikkel nie, stagneer en loop die gevaar om as wetenskapskapstaal te verdwyn.
Akademici is in die ideale posisie om vaktaal te ontwikkel omdat hulle dikwels in ’n span saam met ander vakkundiges nuwe terme skep soos wat die ontwikkeling in die wetenskap en tegnologie dit vereis. Só word op ’n gekoördineerde wyse begrippe gedefinieer en gepaste terme nuut geskep. Goeie nuus vir Afrikaans is dat daar pas ’n unieke handleiding, Terminologie en Terminografie, uit die pen van Mariëtta Alberts, een van Suid-Afrika se voorste terminologiekenners, verskyn het.
1 in stock
Die SA Akademie vir Wetenskap en kuns
Eerste uitgawe 2019
Sagteband – nuut aangekoop (Donker groen rugkant)