Sale!

Op die spoor van die Bokman / Byars, Betsy

Original price was: R140.00.Current price is: R120.00.

Harold voel al die hele somer ellendig. Dit maak geen verskil dat hy sy stem diep en belangrik oor die telefoon kan laat klink, of dat hy ‘n frokkiehemp in ‘n radiowedstryd gewen het nie. Niks kan iets verander aan die feit dat hy vet is nie.

En hy kan met niemand daaroor praat nie. Nie eers Ada sal verstaan nie. Sy gee dan haar roomys weg vir rondloperhonde, en sy kan die steilste bult uitry met haar fiets, sonder om te rus.

Toe hy begin dink hy is die ongelukkigste mens in die hele wêreld, ontmoet hy vir Figgy- en die bokman.

Figgy en sy oupa, wat deur almal die Bokman genoem word, woon in ‘n ry huise wat gebou is vir mense wat moes trek om plek te maak vir ‘n nuwe grootpad. Figgy se oupa wou nie trek nie, en toe hy eendag verdwyn, weet Figgy dat hy na sy ou hut in die bos teruggegaan het. Wanhopig vra hy Harald en Ada om hom te help om sy oupa te oorreed om terug te kom. Op die pad na die houthut gebeur die onverwagte, en in die krisis wat ontstaan, moet Harald sy eie vrees oorwin  en verantwoordelikheid aanvaar – en verstaan hy die eerste keer wat werklike medelye is…

2 in stock

SKU: JEUG.LIN.(B).005/13/5/24; JEUG.PIE.012/6/20 Categories: ,

Description

Tafelberg

Eerste druk 1975

Hardeband met stofomslag, boek nog mooi behalwe vir skoolstempels

Stofomslagontwerp: Guenther T. Schultz

Oorspronklike titel: After the goat man – 1974

Uit die Engels vertaal deur E.P. du Plessis