Tokkelspel / Marié Heese

R60.00

Dié essays het as rubriek in Sarie Marais verskyn.

In 1968 begin Marié Heese vir Sarie skryf – die gesels-essay waarin die skrywer onbewimpeld, spontaan en onbevange gesels oor wat hy is, wat hy sien en beleef en dink deur die klein bedrywighede van elke dag. Vir hierdie soort essay is dit so noodsaaklik dat daar ‘n gemoedelike, gemaklike viendskapsverhouding tussen skrywer en leser sal bestaan – ‘n vriendskapsverhouding wat in die eerste plek moontlik gemaak word deur die persoonlikheid van die skrywer. Hier moet ‘n sjarmante, innemende, intelligente persoonlikheid aan die woord wees, iemand wat kan lag, ook oor die klein rampe van ons bestaan, imand wat in sy lag hom kan besin, iemand wat die lewe in elke klein ervaring kan raak sien… Marié Heese is Audrey Blignault se dogter.

1 in stock

SKU: FIKSIE.CHA.059/6/20 Category:

Description

Tafelberg

Eerste druk 1972

Hardeband met stofomslag, skeur deur die hele voorkant van die boek wat lelike bruin vlek gemaak het, naam van vorige eienaar voorin boek geskryf