Twa die Tydloper /Von Meck, Anoeschka

R190.00

“Twalie, as jy vandag hier met my saamkom, moet jy weet daar gaan ‘n geheim op jou skouers kom rus wat nie vir tjênners bedoel is nie. Net vir gaanhalers.”

Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop.Sulke mense se liefde lê nie op die gewone plekke nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal hê om hul toekoms te gaan haal.
Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ‘n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ‘n geharde eenkantgesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil.
Wanneer die Namavrou Letgoed haar as kind uit ‘n sandstorm red, leer sy haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ‘n magiese plek word. Hier maak tyd soms ‘n deur agtertoe oop …

Twa die Tydloper is ‘n aangrypende roman wat lesers sal meevoer en met nuwe oë na die wêreld om hulle sal laat kyk.

Out of stock

SKU: FIKSIE.CVR.001/26/3/25 Category: Tags: ,

Description

Penguin

Eerste uitgawe, eerste druk 2024

Sagtebandboek in puik nuwe toestand, nota vanaf die skrywer aan vorige eienaar, asook geteken deur skrywer