Vrou Alleen / Petro Botha

R50.00

Met Vrou-alleen het Petro Botha ‘n heel besonderse boek aan die Afrikaanse leserspubliek gegee. Dit is ‘n boek waaraan daar ‘n dringende behoefte bestaan.

Vrou-alleen is bedoel vir die groot getal weduwees in ons land. Om ‘n weduwee te word is vir ‘n vrou seker die verskriklikste ondervinding wat kan bestaan. Plotseling is alles anders: jou hele bestaan verander, jou hele toekoms verander.

Hoe hanteer jy so ‘n situasie? Hoe ruk jy jouself reg? Hoe skep jy vir jouself ‘n nuwe soort lewe en ‘n nuwe toekoms?

Dit is hieroor dat Petro Botha skryf, prakties, sonder prekerigheid en sentiment.

Hierdie boek is bedoel vir die vrou wat as alleen-vrou reddeloos verlore voel…

1 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.CAN.001/1/18 Category: Tags: , , , ,

Description

Uigewer: Human & Rousseau

Datum: Eerste uitgawe 1978

Toestand: Hardebandd met mooi netjiese stofomslag, boek skoon en ongebruik