Waar die water slaap / Angela C. Ionescu

R95.00

Waar die water in die vallei slaap, kyk die seun verlangend na die voëls wat na die Suide vlieg. Hy wonder hoe dit daar lyk, en hy luister na wat die boom en die fontein en die windjie daaroor te vertel het. En toe besluit hy: “Ek wil na die Suide gaan. ” Hy het geloop en geloop en geloop, en soos hy gestpa het, het hy gesing.

“As jy Suide toe wil gaan, dan moet jy weet wat ‘n blindemol doen as hy begin sweet, as jy Suide toe wil gaan, dan moet jy weet hoe mossels maak as hul braaivlies wil eet.”

As iemand so begin vertel, kan jy nie help om met gespitste ore nader te skuif nie, want jy wil hoor  hoe die Rooihuidseuntjie die naam Vir-Wie-Die-Son-Glimlag gekry het, en hoe Anton die wolf liefgekry het, en wat ‘n kardoes warm kastaiings vir iemand kan beteken…

In Waar die water slaap vertel Angela C Ionescu verhale uit verskeie wêrelddele op ‘n baie besondere manier oor en Nerina Ferreira se loslitvertaling laat hierdie allerpragtige boek al sy oorspronklike bekoring behou.

SKU: JEUG.GRA.005/6/19 Category:

Description

Tafelberg

Eerste uitgawe 1980

Hardeband boek sonder omslag met gekleurde hardeband voorblad, naam van vorige eienaar voorin boek geskryf

Oorspronklike titel: Donde duerme el agua – 1975

Vertaal uit Spaans deur Nerina Ferreira

Illustrasies deur Nestor Salas