Description
Uitgewer: HAUM
Datum: Eerste druk 1973
Toestand: Hardeband met omslag met wit krapmerke op die rante van die omslag, boek binne mooi skoon en netjies, soos nuut
Illustrasies: Zakkie Eloff – 1973
Baie skaars boek
R100.00
Hierdie boek is, soos die skrywer in sy Voorwoord sê, in die eerste plek vir die jeug geskryf en daarop gereken om hul liefde vir diere te prikkel.
Dit is ‘n kragtige pleidooi vir die bewaring van Suid-Afrika se inheemse dierelewe, en die boodskap word meesleurend oorgedra, sonder om in droë prekerigheid te verval.
Die skrywer, wat met sy vorige werke reeds vir hom ‘n beduidende plek in die Suid-Afrikaanse letterkunde verwerf het, het deur die jare ‘n intieme kennis van die veldlewe opgedoen. Hy het sy onderwerp met ‘n suiwer oog betrag en met ‘n akkurate hand beskryf.
Die lyntekeninge deur Zakkie Eloff, eweneens ‘n gevestigde kenner en verbeelder van ons dierewêreld, is klein kunswerke wat die teks volmaak aanvul.
Out of stock
Uitgewer: HAUM
Datum: Eerste druk 1973
Toestand: Hardeband met omslag met wit krapmerke op die rante van die omslag, boek binne mooi skoon en netjies, soos nuut
Illustrasies: Zakkie Eloff – 1973
Baie skaars boek