Sale!

Water / F.A. Venter

Original price was: R450.00.Current price is: R220.00.

Die gedagte aan die uitgee van hierdie monumentale boek oor water in Suid-Afrika het by die Minister van Waterwese ontstaan onder die bekwame redaksie van die bekende FA Venter het tot dié unieke werk tot stand gekom. Aan elke aspek van water word hier deur die deskundiges aandag gegee – damme, reënval, droogtes, besproeiingmetodes, suiwering – ook van rioolwater – en die gebruik  en misbruik van water. Dit is ‘n werk so na die hart van elke Suid-Afrikaner want inderdaad is ons by waters gebore en getoë.

En ons ken waternood. Ons en ons diere het al baie dors gely – watertjies uit beesspore opgeslurp, kuilwater met verrottende karkasse daarin deur ‘n sakdoek opgesuig – en in die ooptes van die dorre binneland onder ‘n boom gaan lê om te sterf wanneer daar geen water meer was nie. Maar die blye boodskap is ook daar – daar is genoeg water vir al ons behoeftes as ons dit reg bewaar en gebruik.

Daar is in die Afrikaanse letterkund nie naastenby iets wat met dié epos oor water vergelyk kan word nie en dit sal nog baie jare ‘n gesaghebbende naslaanwerk bly. Dit is ryklik van foto’s en illustrasies voorsien en daarby is dit geskryf in ‘n taal wat vir jonk en oud verstaanbaar is en dit ‘n genot maar om WATER te lees.

 

Out of stock

SKU: NIE-FIKSIE.LMR.002/3/21 Category:

Description

Afrikaanse Pers-Boekhandel vir die Ministerie van Waterwese

Dik groot hardeband boek in byna A3-grootte, met stofomslag, boek nog netjies, behalwe dat die titelblady uitgeknip is waarskynlik omdat die vorige eienaar se naam daarop geskryf was.