Wimpie se Vrees/Chris L. Marx

R35.00

Ag hoekom is niks tog meer lekker nie? Wimpie wens dit kan weer wees soos toe hulle nog “arm” was. Toe het Pappa altyd vroeg huistoe gekom en Mamma het nie so baie uitgegaan nie. Hy hou tog niks daarvan so alleen by die huis nie. Toe was Mamma se oë nog sag en Pappa het sy arms om hulle albei gesit met sy ek-het-jou-lief-stem.

As hy nou vir pappa ‘n brief skryf – miskien sal hy dan terugkom?

En hier is y en Mamma by Anner-ouma en Anner-Oupa op die plaas – en dis nie eintlik waar Wimpie wil wees nie. Maar haai, dis snaaks, Anner-oupa praat dan so mooi met hom. Hy weet dan sowaar van al die bang as dit donker is en die skaduwees so teen die mure kruip.

1 in stock

SKU: JEUG.CHA.2000/04 Category:

Description

Uitgewers: Daan Retief Uitgewers

Eerste Uitgawe Eerste Druk, 1987

Hardeband boek met effense verweer om kante, biblioteek plakker op rugkant, biblioteek stempels en kaartjie aan voorste binneblad.

Illustreerder: Hettie Saaiman