Description
Uitgewer: President Uitgewers
Datum: 1968
Toestand: Hardeband met stofomslag met effense verweer op omslag boekinhoud netjies en skoon
R65.00
Met sy gehate krukke as stutte leun Nic Theron vooroor om in die put af te kyk. Die water lyk diep, die oppervlak twaalf voet benede hom. Op die water dryf ‘n dooie skilpad…”
Wonderdokter is die verhaal van dr. Nic Theron, wat in sy poging om ‘n arm seun voor ‘n dronk motorbestuurder te red, sodanig vermink word, dat hy nooit weer die volle gebruik van sy bene sou hê nie. Asof hierdie ramp nie reeds genoeg is nie, word Nic wreed ontnugter toe Hettie, sy verloofde, haar rug op hom keer toe sy van sy geknakte liggaam verneem.
Nic gaan soek genesing vir sy wonde op Groenhoek, die hersteloord van tant Pieta van Graan. Hier ontmoet hy vir Malie. Malie met haar groot liefde vir die natuur – die Wonderdokter!
Malie wat ook op Groenhoek kom aansterk het – maar wát kan ‘n pragtige, jong, lewenslustige meisie soos Malie makeer, dat sy reeds so lank op Groenkoek herstel? En waarom lyk Malie se gesiggie so bekend vir Nic, terwyl hy oortuig is dat hy haar nog nie tevore ontmoet het nie?
Die eerste dag reeds, het Malie vir Nic uit sy bui van neerslagtigheid geruk, en hom met nuwe waarneming na die mooie en skone in die natuur laat kyk, om sy eie kwellinge te vergeet. Spoedig is Nic dan ook net soos Malie soos ‘n eie kind opgeneem in die huislike atmosfeer wat tant Pieta en oom Cornelius vir hulle skep.
Maar dan onthou Nic waarom Malie vir hom so bekend voorkom. Hy onthou van die moordaak in die koerante, en dat Malie vrygespreek is, omdat daar nie voldoende getuienis teen haar ingebring kom word om haar skuld te bewys nie.
Maar eensklaps word die rustigheid en vrede op Groenhoek versteur wanneer Hettie, Nic se gewese verloofde en ook Roelf Steenkamp, Malie se vriend van wie sy sedert die moordsaak geen taal of tyding gehoor het nie, onverwags op die plaas opdaag.
Waarom stel Roelf Steenkamp nou meteens weer soveel belang in Malie, dat hy haar ten alle koste tot ‘n huwelik wil dwing – en Hettie, waarom is Nic se gebrek vir haar meteens nie meer so belangrik nie?
Wonderdokter is sekerlik een van J. van Elders se treffendste verhale.
Out of stock
Uitgewer: President Uitgewers
Datum: 1968
Toestand: Hardeband met stofomslag met effense verweer op omslag boekinhoud netjies en skoon