Description
Perskor
Eerste uitgawe eerset druk 1986
Hardeband met mooi gekleurde stofomslag boek in skoon en nuwe toestand
R75.00
“Stertjie, jou dood sal ek wreek!” het Gerrit gesweer daardie dag toe die baster-Dobermann sy withaarkatjie doodgebyt het. En wat sou sy wraakplan beter kon uitvoer as ‘n woedende en wrede geel hond wat by die ashope ronddwaal? Wreker, het Gerrit hom gedoop.
Doelgerig en stelselmatig het Gerrit vir Wreker begin oplei vir die groot dag… vir die geveg tussen hom en sy kat se moordenaar.
Maar toe kom meng Za, met die wipneus en die lang blonde vlegsels, vierkantig in sy planne in. Gerrit begin wonder – is sy nie dalk reg nie? Wreker vertrou hom nou en het vir sy nuwe baas lief geword. Sien hy nog kans om sy hond in ‘n doodsgeveg met die Doberman betrokke te laat raak? Sou Stertjie dit so wou gehad het?
Wreker is ‘n mooi jeugverhaal wat handel oor ‘n seun se verhouding met sy hond … en wys mens ook dat selfs ouers nooit te oud is om te leer nie…
2 in stock
Perskor
Eerste uitgawe eerset druk 1986
Hardeband met mooi gekleurde stofomslag boek in skoon en nuwe toestand