Zorba, die Griek / Kazantzakis, Nikos

R180.00

Min romans het die lesende wêreld so stormenderhand oorrompel as Zorba, die Griek. Ook as rolprent is dit in Suid-Afrika en die hele Westerse wêreld entoesiasties ontvang. Die Afrikaanse vertaling het die eerste keer in 1967 verskyn nadat Abraham de Vries die boek vertaal het van die Engelse titel Zorba, the Greek. Hierdie boek is tweedehands met stofomslag met effense voumerke en verweer op die kante.

Dis die volledigste karakter wat in ‘n Afrikaanse boek, hetsy oorspronklike of vertaal, lewe. Wie en wat is die man wat duisend jaar moes gelewe het? Zorba lewe sonder remskoene aan of lank omkyk. Hy lewe voluit!

Out of stock

SKU: FIKSIE.VERT.DON.038/6/24; FIKSIE.VERT.DON.006/18/5/21 Categories: , Tag:

Description

Afrikaanse Pers-Boekhandel

Eerste Afrikaanse uitgawe 1968

Hardeband met stofomslag, klein skeur op die boonste hoek van die boek, boek nog stewig en voel of dit nooit gelees is nie, blaaie is donker verbruin

Oorspronklike titel: Zorba, the Greek

Uit Engels vertaal deur Abraham H. de Vries