Welkom

Baie welkom by Kakkerlak Boeke. Mag jy die webblad geniet. Ek probeer ‘n nuwe en tweede lewe gee aan ou Afrikaanse boeke. Hoop jy kry hier waarna jy soek. Indien nie – stuur ‘n epos en ek soek die boek vir jou…

Daar is nog duisende boeke wat nie bygevoeg is op die aanlynwinkel nie – loer gerus op die skakel Tweedehandse  boeke ook want meeste van daardie boeke is nog nie op die aanlynwinkel bygevoeg nie. Dit mag egter wees dat van daardie boeke reeds verkoop is aangesien ek nie die lyste opdateer nie.

Afrikaanse boeke bo!

Aankoopbeleid van ou boeke

Ek weet nie wat aangaan in die wêreld nie, maar ek kry weekliks oproepe van mense wat ‘n massa boeke wil verkoop.  Ek het nie meer plek vir ‘n muis in my boekwinkel nie, en koop dus net aan wat my kliente benodig, maar indien u ‘n lys van u boeke stuur, maak dit die herverkoop daarvan baie makliker. As ek nie van u boeke kan aankoop nie, kan ek egter die lys na al my boekhandelaarvriende aanstuur.

Dit vat baie tyd en energie om boeke te lys, maar GLO MY – maak daardie lys en ons kan jou help…

Hoe werk die webblad?

Wanneer ‘n boek verkoop is op die aanlynwinkel, bly die foto en inligting rakende die spesifieke boek op die aanlynwinkel,  maar die inkopiemandjie en die prys word nie aangedui nie en die boek word gelys as OUT OF STOCK. Die opsommende inligting van elke boek dien dan as databasis vir inligting oor die boek en waaroor die boek gaan. Wanneer u graag ‘n boek soek en dit word aangedui as OUT OF STOCK, kan u my net laat weet dat ek kan uitkyk vir nog ‘n eksemplaar daarvan.

Die aanlynwinkel werk baie eenvoudig en vereis slegs u adres inligting, telefoonnommer en eposadres wat als benodig word om met ‘n kliënt te kommunikeer. Ons waarborg dat u inligting uitsluitlik vir die doeleindes van die Kakkerlak webblad gebruik sal word en verseker nie aan andere verskaf sal word nie.

Koerieropsies beskikbaar – Kies wat vir jou die beste werk!

Ons wil jou inkopie-ervaring so maklik en gerieflik as moontlik maak – en dit sluit in hoe jou bestelling by jou uitkom! Jy kan nou kies tussen twee betroubare afleweringsopsies:

The Courier Guy
Landwye aflewering regstreeks na jou deur. Of jy nou in ‘n stad of ‘n afgeleë dorp is, jou pakkie sal veilig by jou gekose adres afgelewer word.

PUDO 
Wil jy jou pakkie self gaan haal wanneer dit jou pas? Kies PUDO en laat jou bestelling by jou naaste PUDO-kluis aflewer.
Belangrik: Voeg asseblief die naam van jou verkose PUDO-versamelpunt by die nota-afdeling tydens afrekening om enige vertragings te voorkom.
Jy kan jou naaste PUDO-kluis opspoor deur die liggingkaart van The Courier Guy te besoek.

Watter opsie jy ook al kies – ons sorg dat jou bestelling so spoedig en veilig moontlik by jou uitkom.