Kakkerlak is die naam van ‘n tydskrif wat aan die einde van 2004 vir die eerste keer in die lewe geroep is!
Dié besondere klein A5-grootte tydskrif het hom beywer om ‘n platform te skep vir kunstenaars maar veral
skrywers en digters. Elke uitgawe het meer vertel van ‘n dorpie in ons land, wat in daardie dorpie gebeur
op die skrywersfront, die geskiedenis van die dorp en allerlei monumente en standbeelde en die geskiedenis
daarvan is ook afgestof.
Kakkerlak het ook aandag aan spreekwoorde en uitdrukkings gegee en dit geïllustreer waar moontlik.
Kakkerlak het ‘n vreemde naam maar dis eintlik die subtitel van die tydskrif wat veral belangrik
is nl. “want jy raak nie daarvan ontslae nie” – net soos mens ook nie van Afrikaans ontslae kan raak nie.
Alhoewel Kakkerlak slegs 8 keer verskyn het tot aan die einde van 2007, hoop ons om weer eendag vir
Kakkerlak te “ontvries”, want tans lê hy op ys …
Indien enigiemand voorstelle het om Kakkerlak te laat ontdooi, kontak my gerus. Al my besonderhede is op die
KONTAK-bladsy.
Intussen is Kakkerlak steeds beskikbaar en kan u onder die onderskeie produkte sien waaroor elke uitgawe
gehandel het en dit steeds bestel. Kyk onder elke uitgawe vir meer besonderhede en wat in elke uitgawe
verskyn het.
Die stelletjie van 8 volkleur tydskrif-uitgawes is beskikbaar @ R160 per stel + R45 posgeld.