Rugbystewels van glas /Badenhorst, CS

R90.00

Toe Estie se pa skielik oorlede is, lyk dit asof haar swemdrome gaan vervaag – wie gaan haar nou afrig? Was daar maar ‘n goeie fee wat ‘n towerstaf kon swaai soos in sprokies! Hulp daag onverwags op toe juffrou Jansie op Welkom opdaag. Willie, Estie se heel beste maat, reken die juffroutjie is darem te fyntjies om iets van swem te kan weet, maar hy is verkeerd. Sy is ‘n professionele afrigter. Onder die leiding van juffrou Jansie en die slawedryfing van Willie, oefen Estie baie harde in die gronddam op Welkom.

Rugbystewels van glas is ‘n mooi verhaal van liefde, vriendskap en toegewydheid, wat drom laat waar word.

 

C.S. Badenhorst (née Van Zyl; 1926–2004) was ‘n Afrikaanse skrywer wat hoofsaaklik bekendheid verwerf het vir kinder- en jeugverhale. Sy is bekend vir tienerstories soos Wat geld nie kan koop, Twee spoke en ’n Seun en ‘n kano.

1 in stock

SKU: JEUG.ATA.010/29/9/26 Category:

Description

Perskor Uitgewery

Eerste uitgawe eerste druk 1985

Hardeband met omslag in mooi toestand, xbiblioteekboek met plakkers en stempel merk op binneblad, res van inhoud is skoon en netjies