Mens-alleen /Rabie, Jan

R160.00

Jan Rabie herskep iets van ‘n Camus-Kafka-situasie in Mens-alleen: die ter dood veroordeelde Lukas Alwyn vind sy tronkdeur onverklaarbaar oop en ontsnap na die beleërde stad waardeur hy bly dwaal tot hy teen wil en dank in ‘n identiteit ingedwing word: hy moet die rol speel van ‘n gestorwene, en selfs met dié se vrou saamleef (die weergawe van die groie van sy verhouding behoort tot die heel beste wat Rabie nog geskryf het… Hier is die werklike outsiderskap, en angs, en skuld en uiteindelik die aanvaarding van ‘n verantwoordelikheid as hy met die gestorwe vrou se kind deur die strate loop…

“Dit bly saam met 21, Rabie se belangrikste werk.” – André P Brink

Out of stock

SKU: FIKSIE.LIN.001/5/23 Category:

Description

Perskor-Uitgewery

Tweede uitgawe eerste druk 1978

Hardeband met stofomslag, stukkie van die bokant van omslag is afgetrek met verwydering van ‘n plakker, boek in puik toestand