Description
JP van der Walt
Eerste druk 1984
Hardeband met mooi skoon stofomslag, stempels en sakkies van bib in boek boekblaaie nog soos nuut
Stofomslag: Fanie Bekker
R110.00
Dit was altyd net hulle drie: Janie, Martiens en hy. Saans het hulle om die lantern in die murasie wat Martiens gebou het, gesit. Hulle het vuur gemaak en aartappels gebraai. Janie het gedroom oor die dag wanneer haar siek boetie uit die hospitaal kon kom. Martiens het gepraat van sy werk by die padkafee, én van die motorfiets wat hy gaan koop. At het meestal net geluister, maar hy kon nie wag vir die dag wanneer sy vissies sou uitbroei nie. Eers dan sou hy vertel.
Maar toe verskyn Patrick een aand in die deur van die murasie in die stad. Patrick kom saam met sy ma van hulle land af waar dit droog en die beeste maer is. Patrick se ma kom in die stad werk, en Patrick vertel dat hy volgende jaar moet terug veld toe want dan is dit khweta-tyd vir hom — en as jy klaar gekhweta het, is hy ‘n groot man.
At kan baie dinge nie verstaan nie. Patrick is ‘n indringer, maar tog leer hy baie by Patrick. Hoekom moet ‘n mens juis veld toe gaan om groot te word? ‘n Mens kan mos maar in die stad ingelyf word in die dinge van ‘n grootmens. Neem nou maar die keer toe Patrick verdwaal het en hulle hom moes gaan soek …
Maar in die veld, weet At, is daar ook stilte en vrede — al het Martiens se pa sy lewe daar verloor.
Hierdie bekroonde jeugverhaal is meer as net ‘n stadsverhaal; dit is ‘n sensitiewe vertelling van seunsdrome wat dikwels in ‘n verwarde wêreld aan skerwe breek.
Out of stock
JP van der Walt
Eerste druk 1984
Hardeband met mooi skoon stofomslag, stempels en sakkies van bib in boek boekblaaie nog soos nuut
Stofomslag: Fanie Bekker