Lea, Lea /Maartens, Maretha

R120.00

Soos Jakob vir Rachel gehad het, het Frederik Greyling sy Gertjie gehad – lieflike Gertjie, vir wie hy graag gewag en eindelik gekry het. Maar die skaduwee van die dood val oor Goeie Hoop, Frederik se plaas op die oop Karoovlaktes, en en die drie kinders bly alleen agter. Sal daar ‘n Lea weesom die leemte te vul wat gelaat is deur die heengaan van sy Rachel? Kan hy nadat hy vir Gertjie gehad het, in sy hart plek inruim vir ‘n ander vrou?

Lea, Lea is ‘n boek vol liefde en patos, en ook aangrypende spanning. Dit toon die mens alleen en in sy stryd met God, maar wys ook dat hierdie stryd, hierdie lyding, iemand kan louter en van hom of haar ‘n veel beter mens kan maak..

1 in stock

SKU: FIKSIE.NWE.005/1/9/22 Category:

Description

Tafelberg-Uitgewers

Eerste druk 1975

Rooi hardebandboek, omslag het heelwat skaafmerke maar omslag is mooi herstel, blaaie van boek is vergeel

Skaars boek