Description
Perskor-Uitgewery
Druk 1973
Hardebandboek met oranjebruin omslag, boek in puik toestand – en naam van vorige eienaar klein voorin boek geskryf
R100.00
“In my jarelange ondervinding met jong dames, het ek geleer dat onmeetlike, ontluikende krag in die jong vrou skuil. Niemand is meer ontvanklik as sy nie, vir die goeie en die mooie. Niemand het ‘n fyner estetiese aanvoeling as sy nie.” (So skryf Cecily Louw, wie voorheen dosent was aan die Pretoriase en Goudstadse Onderwyskollege en ook departementshoof van dameskoshuise aan die Heidelbergse Onderwyskollege.)
In hierdie boek lei sy dan ook die tiener as jong dame, op simpatieke en begrypende wyse, om dié ontvanklikheid vir die goeie en mooie en sterke, te ontwikkel, sodat dit ‘n lewenswyse kan word.
Geen dame sal dié boek opneem en lees sonder om na die leeservaring meer sjarmant, gelukkig en suksesvol te wees nie.
1 in stock
Perskor-Uitgewery
Druk 1973
Hardebandboek met oranjebruin omslag, boek in puik toestand – en naam van vorige eienaar klein voorin boek geskryf