Elsa Joubert

  • Chrisna
  • 23/11/2017
  • Comments Off on Elsa Joubert
  • Skrywer

Gebore 19 Oktober 1922

Elsa Joubert, gebore as Elsabé Antoinette Murray op 19 Oktooer 1922 in die Paarl . Elsa Joubert verwerf beroemdheid met haar novelle Die swerfjare van Poppie Nongena, wat in 13 tale vertaal is, en wat ook as ‘n drama op die planke gebring is.

Elsa Joubert het in die Paarl grootgeword en matrikuleer by die meisiesskool La Rochelle in die Paarl in 1939.  Sy studeer dan by die Universiteit van Stellenbosch waar sy in 1942 ‘n Baccalaureus-graad in die Kunste verwerf en ‘n SOD (Sekondêre Onderwysdiploma) in 1943. Sy sit haar studies voort aan die Universiteit van Kaapstad en verwerf haar Meestersgraad in 1945 in die Nederlands-Afrikaanse literatuur.

Na graduering gee Elsa Joubert klas by Cradock se Hoër Meisieskool, en werk dan as die redakteur van die vroue-rubrieke vir Huisgenoot, ‘n welbekende Afrikaanse gesinstydskrif, vanaf 1946 tot 1948. Sy begin dan voltyds te skryf en toer deur Afrika, vanaf die oorsprong van die Nyl in Uganda, deur die Soedan, na Kaïro, asook na Mosambie, Mauritius, Reunion, Madagaskar en Angola. Sy het ook Indonesië besoek. Wat haar besoeke anders as meeste ander mense maak, is die feit dat sy oor die meeste van hierdie reise verhale gepubliseer het. (Sien Reisjoernale hieronder.)

In 1950 trou Elsa Joubert met Klaas Steytler, ‘n joernalis en later publiseerder en ook skrywer. Hy is reeds  in 1988 oorlede. Sy het drie kinders, twee dogters en een seun, en leef in Kaapstad.

Reisjoernale

  • Water en woestyn (Uganda en Kaïro), Dagbreek Boekhandel, 1957
  • Die verste reis (Wes-Europa), 1959
  • Suid van die wind (Madagaskar), 1962
  • Ons wag op die kapteinTo die at sunset, Tafelberg, 1963
  • Die staf van Monomotapa (Reisverhaal oor Mosambiek), 1964
  • Swerwer in die Herfsland (Oos-Europa), 1968
  • Die nuwe Afrikaan : ‘n reis deur Angola, Tafelberg, 1974
  • Gordel van Smarag : ‘n reis met Leipoldt (Indonesië), Tafelberg, 1997

Novelle en kortverhale

  • Die Wahlerbrug, Tafelberg, 1969
  • Bonga, Tafelberg, 1971
  • Die swerfjare van Poppie Nongena, Tafelberg, 1978 – The long journey of Poppie Nongena (1980), vertaal in 13 tale en ook op die verhoog gesit met ‘n drama.
  • Melk (kortverhale), Tafelberg, 1980
  • Die laaste SondagThe last Sunday, Tafelberg, 1983
  • Poppie — die drama, (mede outeur Sandra Kotzé), 1984
  • Die vier vriende en ander stories uit Afrika, 1985 – The four friends (1987) (kinderboek)
  • Missionaris, 1988
  • Dansmaat (kortverhale), Tafelberg, 1993
  • Die reise van Isobelle, Tafelberg, 1995
  • Twee Vroue, Tafelberg, 2002

Outobiografie

  • ’n Wonderlike geweld: Jeugherinnerings, 2005
  • Reisiger: die limietberge oor, 2009

Mens kan ook aan al haar lang lys van toekennings sien dat Elsa Joubert al lank in die land is!

Toekenning

  • “fellow” vanaf die Britse Royal Society of Literature
  • Ere doktorsgraad van die Stellenbosch Universiteit  in 2001.
  • Eugene Maraisprys vir Ons wag op die kaptein in 1964.
  • CNA-prys vir Bonga in 1971.
  • W.A. Hofmeyr-prys  vir Poppy Nongena in 1979.
  • W.A. Hofmeyr-prys en Hertzogprys vir vir Die reise van Isobelle
  • Louis Luyt-prys en CNA-Prys in 1997.
  • Winifred Holtby Gedenkprys van die Britse Royal Society vir Poppie Nongena
  • Olivier Toekenning vir die beste toneelstuk (Londen).
  • Obi Toekenning vir beste draaiboek (New York)
  • Hertzogprys vir prosa in 1998.