Sale!

Die fluitspeler / Freda Linde

Original price was: R130.00.Current price is: R75.00.

Met haar simpatieke, dog kleurryke illustrasies vir Die fluitspeler, het Elizabeth Pulles ‘n eerste prys in HAUM-Daan Retief se groot illustrasiewedstryd van 1987 gewen.

Freda Lind is – met nege belangrike toekennings vir haar kinder- en jeugboeke – die mees bekroonde kinderboekskrywer in Afrikaans. ‘n Hele aantal van haar boeke het ook in ander tale verskyn.

Die fluitspeler was haar vyf- en twintigste kinderboek.

Frik is ‘n fluitspeler, wat sy riefluite eiehandig maak en verkoop. Hy raak half teen wil en dank bevriend met Springer, ‘ n hawelose seun wat met ‘n bende deurmekaar was. Springer kry onderdak by Frik en sy ma. Hy help Frik met die maak van die rietfluite, wat hulle al om die ander dag in die stad gaan verkoop. Intussen word hulle groot maats en Frik verkoop nou baie meer fluite as voorheen.

Springer kom spoedig agter dat Frik se eie fluit, met die rooi koord om, mooier klink as enige van die fluite wat hulle maak om te verkoop. Hy word betower deur die pragtige musiek wat uit daardie fluit kom. En toe begin Springer dié fluit begeer soos hy nog nooit iets in sy lewe begeer het nie…

En hy bedink ‘n slinkse plan…

Out of stock

SKU: KIN.NOR.002/9/2/22 Category:

Description

Daan Retief Uitgewers

Eerste uitgawe, eerste druk 1987

Hardeband met mooi gekleurde voorblad, ongelukkig het die boek kleeflintmerke op binneblaaie

Boek is pragtig met die mooiste kleurvolle sketse deur die bekende Elizabeth Pulles

Boek ook in Engels onder die titel: The flute-player

Omslagontpwerp: Elizabeth Pulles

Hierdie boek verwerf in 1987 die eerste prys in die Daan-Retief Wedstryd vir kinderboekillustrasies.