Foto agterop Braam en die engel verkry
Maria Magdalena (Marietjie) de Jongh is op 1 Maart 1953 op Vredenburg aan die Kaapse weskus gebore en het in die Sandveld op die plaas Tzaarskuil grootgeword. Sy gaan skool op die plaasskole Tzaarskuil en Suurfontein, waarna sy haar hoërskoolopleiding in 1970 op Hoërskool Aurora voltooi. Hierna is sy na die Universiteit Stellenbosch, waar sy in 1973 ‘n BA-graad verwerf het In 1976 verwerf sy aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) ’n B.A. Honneurs-graad in Engels. Sy bestudeer later ook Filosofie en Kunsgeskiedenis aan Unisa. Sy is getroud met ’n onderwyser en hulle het ’n seun. Na haar huwelik is sy meeste van die tyd ’n tuisteskepper, maar gee ook soms deeltyds klas in Engels Tweede Taal. Die egpaar trek gereeld en woon onder andere op Kenhardt, Villiersdorp, Worcester, Richmond, Somerset-Oos en dan weer op Worcester. Op Worcester gee sy soms skool aan die Skool vir Blindes.
Boeke wat uit haar pen verskyn is:
Moeilikheid met Jan, Tafelberg 1983
Die man met die gaatjie in sy trui, Tafelberg 1983
Goeie maniere en ander plesiere, Tafelberg 1987
Braam en die engel, Tafelberg 1991 (Translated: Brahm and the Angel, 1995) Sy verwerf in 1995 die Alba Bouwer-Prys vir Braam en die engel
Bietjie-Kier en die man in die Karoo, Human & Rousseau (Diakiri and the man in the Karoo)