Bottelnek / Piet Steyn

R120.00

Toe die son een oggend taaierig loskom uit die greep van Goudveldse mynhope, skop Joe Smit sy slaapkamerdeur oop, stap tot by die dubbelbed waar twee figure vervaard probeer orent kom en trek die sneller van sy 9 mm Astra twee keer. Hy klim in sy ou Mazda en ry noord, weg van die plek waar alles vir hom begin en geëindig het, en terug in sy verlede in.

In hierdie Pine Pienaar-misterie vermeng Piet Steyn twee van die stormagtigste plaaslike werklikhede, ’n mynersbestaan en die Johannesburgse onderwêreld, in ’n intrige wat lesers nagte lank sal laat rondrol.

1 in stock

SKU: FIKSIE.WAV.001/1/20 Category:

Description

Tafelberg

Eerste uitgawe 2009

Sagteband nog in mooi toestand puntjies van voorblad effens gelig, naam van vorige eienaar voorin

Bandontwerp: Laura Foley