Description
Lapa Uitgewers
Eerste druk 2008
Sagtebandboek in puik nuwe toestand
R200.00
In die inheemse Suid-Kaapse woude word oerdinge nog aangetref soos hulle gelaat is met die skepping. Van die vroegste tye af het reisigers deur die bos liries geraak oor die bome, die blomme, en die kleureprag van die voëls. Soos Adam en Eva na die sondeval in die paradys, voel die vreemdlik in die Grootbos weerloos naak in sy vreemdheid. Hy voel na aan die kennis van goed en kwaad, aan die magte van lig en duisternis. Hy kan die drang om te vat, te pluk of te skiet nie weerstaan nie; tog weet hy wat hy doen, is nie reg nie…
Vir die ingewyde is die bos ‘n tuiste.
In hierdie briewe van haar aan skrywersvriend Abraham H. de Vries laat sy die leser deel in die opwinding van die Grootbos en die stories en sprokies saam met haar herleef.
Out of stock
Lapa Uitgewers
Eerste druk 2008
Sagtebandboek in puik nuwe toestand