Description
Nasionale Handersdrukkery Beperk Elsierivier
1965
Hardeband en stofomslag met skets deur Lategan. Stofomslag toon effense vlekkies en is effe verweer aan die hoeke. Binneblaaie in baie goeie toestand.
R90.00
“Bushies van die Kalahari – ons!”
Nou, nou net het Doepie dit mos gesê. Juliemaand gaan hulle saam met hom na die Kalahari, daar waar Skankwan ‘n bok ligvoets tussen die duine ingehardsloop het. Darem maar ‘n Bushie-onderwyser, dié Doepie. Die nuus is wonderlike lafenis vir ‘n man wat twee maal deurgeloop het oor ‘n woordeboek wat so verskriklik lieg. Nou sal oom Joi en sy Bushie-maats nie meer van boeke afhanklik wees nie – hulle gaan mos met hul eie oë kyk hoe lyk die wêreld.
Waar gaan hulle nie oral hul draai maak nie? Francistown, Makarikari, Ghanzi… Saam met oom Martin en Maklossie ry hulle byna rondom die hele Betsjoeanaland.
Hulle het altyd gedink die Kalahari is die ene sand; nou sien hulle dis anders. Hulle het gedink net ‘n perdeby het ‘n gevaarlike angel, maar nie meer ná hulle onder die tsetsevlieë deurgeloop het nie. En dis eintlik maar klein dingetjies dié. Ons praat nog nie eens van die wilde Boesmans en leeus van die Kalahari of van die Okavango met sy krokodille nie. Wat miskien die heel belangrikste is, al staan dit seker ook nie in die boeke nie; die Bushies ontdek dat die gaafste mense in die Kalahari woon, en die mooiste – dit wil sê as jy nou een dogtertjie van die Sanddorp nie byreken nie.
Out of stock
Nasionale Handersdrukkery Beperk Elsierivier
1965
Hardeband en stofomslag met skets deur Lategan. Stofomslag toon effense vlekkies en is effe verweer aan die hoeke. Binneblaaie in baie goeie toestand.