Description
Tafelberg
Vyfde druk 1990
Sagtebandboek in puik toestand, naam van vorige eienaar voorin boek
Omslagontwerp deur Helmut Starcke
Original price was: R100.00.R85.00Current price is: R85.00.
Daar woon bosjannetjies in ons esbos, en Pippelpan is die heel best van hulle almal en hy… my pa het gesê hy kan altyd spesiaal myne wees, ek kan met hom gesels. Hy verstaan alles wat ek sê.
Maar tien is darem al groot vir in dwergies glo, dit laat die laspos van ‘n Marie Lou haar nooit vergeet nie – Marie Lou, wat aanhou vra of hulle nie beste maats kan wees nie. Kan sy nie verstaan dat sy,wat Heska is, nie ‘n beste maat wil hê nie, dat sy vir Pippelpan het? Sedert haar pa dood is, gesels sy net met Pippelpan oor goed wat saak maak.
Marie Lou se gespot dwing Heska om iets te deon. Schalk stel voor dat sy hard moet probeer konsentreer, soos ‘n lama, dalk kry haar gedagtes oor Pippelpan vorm en kan sy hom aan Marie Lou wys. Om so sterk aan Pippelpan te kan dink, het Heska haar pa se panfluit nodig. Maar al wat sy tussen sy goed vind, is sy reuk. En later is dit ook weg.
Waar is Pappa se panfluit? is die storie van die tienjarige Heska du Toit, wat moet leer om haar pa se dood vier jaar tevore te verwerk. Dis is ‘n sensitiewe verhaal, en veral die kinder wat “anders” is, sal met Heska identifiseer.
Out of stock
Tafelberg
Vyfde druk 1990
Sagtebandboek in puik toestand, naam van vorige eienaar voorin boek
Omslagontwerp deur Helmut Starcke