Die boekprinses / Christine Joubert

R65.00

Toe Siemoeraaia bo-op die glyplank staan, sien sy iets wat haar oë amper uit haar kop laat spring. Daar onder, het daar waar sy ‘n rukkie gelede nog langs Tinnik gestaan het, sit ‘n yslike pers arend met donkerpers vlerke en likkewaanpote. Soos die een in die pienk boek.

“Toe gly nou, Siemoeraaia, man!” Roep die klomp agter haar ongeduldig maar sy staan soos ‘n houtpop, Wat nou? Die klomp agter haar stamp en stoot en beur. “Gly Siemoeraaia!” Sy haal diep asem, knyp haar oë toe en gly! Haar voete het nog skaars die gras geraak, of sy vlieg om en hardloop dat haar poniestert in alle rigtings swaai.  “Siemoeraaia!” Die stem klink asof dit hier onder uit die aarde uit kom. ‘n Diep donker stem wat haar in haar spore laat vassteek. Sy loer versigtig oor haar skouer. “Ja?”, fluister sy. “Kom hier, Siemoeraaia en gaan roep jou vriend Tinnik. Ek kom julle haal om ‘n baie belangrike opdrag uit te voer…”

Out of stock

SKU: KIN.ELS.003/8/17 Categories: , Tag:

Description

Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe, eerste druk 1996

Sagteband met mooi gekleurde voorblad, stempels voorin boek ook DISCARDED stempel.

Omslagontwerp en illustrasies deur Alida Bothma
R65