Die kraaiseun / Taro Yashima

R90.00

Toe Chibi skool toe gegaan het, was hy doodbang vir die onderwyser en kon niks in sy kop kry nie. Ook vir die kinders was hy bang. Hulel het hom as onnosel en agterlik beskou en het hom Chibi genoemt omdat hy so klein was.

Chibi het elke dag getrou skool toe gekom, al het hy baie ver daarvandaan aan die voet van ‘n berg gewoon. Hy moes soggens met dagbreek begin skool toe stap en het eers saans teen sononder tuisgekom. Vyf jaar het so verbygegaan en hy het eensaam en verstote gebly.

En toe, in die laaste skooljaar, kry die klas ‘n nuwe onderwyser, ‘n vriendelike man wat vir Chibi na waarde skat…

Hierdie verhaal van hoe Chibi “Die kraaiseun” geword het, speel af in ‘n dorpskooltjie in Japa maar die menslike situasie is een wat in skole orals in die wêreld voorkom…

1 in stock

SKU: KIN.BHC.007/5/18 Category:

Description

Uitgewer: Qualitas Uitgewers

Datum: Afrikaanse uitgawe 1983

Toestand: Ou biblioteekboek hardeband met stofomslag met stempels  en sakkie en binneblad met geel sellotape geheg. Boek verder mooi en skoon

Vertaal: Deur Freda Linde

Illustrasies: Waarskynlik deur die skrywer

Oorspronklike titel: Crow Boy  -1955

Oor die skrywer: Taro Yashima is op 21 September 1908 in Kagosjima, Japan gebore. Taro wie se regte naam Jun Atsushi Iwamatsu is, het verskeie toekennings en eerbewyse vir sy kinderboeke ontvang onder meer is die oorspronklike uitgawe van Die kraaiseun in 1955 met die Wel-Met Children’s Book Award bekroon deur die Amerikaanse kinderstudievereniging.