Sale!

By Felix en Madame en ander eenbedrywe /Aucamp, Hennie

Original price was: R80.00.Current price is: R70.00.

By Felix en Madame kan as die toneeleweknie van Aucamp se kortverhaalbundel Hongerblom gesien word, want hierdie eenbedrywe sou ook as elegieë getipeer kan word. Elkeen betrek dood of skyndood, maar selde in die realistiese idioom. Die meeste tekste dra hul metafisiese kwaliteit met ‘n ligtheid wat aan die operette- en kaberetwêreld herinner.

Net in “Die kis”, wat doelbewus staties is, en meer as lewensgroot, is die toonaard somber. “Die kis” en “Die solderkamer”  sluit aan by Aucamp se Stormberge Boereeêreld, die ander stukke weer is nader aan die sofistikasie en dekadensie van die salon-wêreld, met soms openlike erkennings aan uiteenlopende skrywers soos Wedekind, Brecht en Tennesse Wiliams.

Out of stock

SKU: DRA.KAH.003/1/18 Category:

Description

Uitgewer: Human & Rousseau

Datum: Eerste uitgawe 1987

Toestand: Hardeband met stofomslag, plakker het skeur op voorste deel van omslag gelaat.