Die sakmense / Maretha Maartens

R85.00

In Die sakmense word ’n wit en swart gesin wat onderskeidelik in Bloemfontein en in die swart woonbuurt Onverwacht buite Bloemfontein bly, teenoor mekaar geplaas. Sodoende lewer die skrywer kommentaar oor die gevolge van apartheid. Die gesinne raak by mekaar betrokke wanneer die swart dogter Miriam by die wit huis begin werk. Die sak van die titel verwys na verskillende dinge. Die wit predikantsdogter Thea ervaar die verlies van ’n oorgeplante nier en word sodoende verplig om ’n dialisesak te gebruik, terwyl die armoedige swart dogter Miriam haar ma se werk as verkoopster van vrugte en vis onder ’n sakafskorting beleef. Thea en Miriam is geesgenote daarin dat hulle albei oneerlik was. Thea het nie die ware rede vertel hoekom haar nier opgehou werk het nie en haar oupa kry die skuld, waarna haar ma en oupa se verhouding versuur. Miriam het gejok oor haar ouderdom sodat sy kan werk kry om te help met die gesin se onderhoud. Wanneer albei die waarheid praat begin dinge regkom en ontwikkel daar ’n hegte verhouding tussen Thea en Miriam. Hierdie boek verower in 1985 die Sanlamprys Goud vir Jeuglektuur en in 1986 die Credo-prys van die NG Kerk Uitgewers, laasgenoemde ’n Christelike prys vir lewenskuns en stigting.

Out of stock

SKU: JEUG.BFL.001/1/24; JEUG.DEB.056/10/2/21 Category:

Description

Tafelberg

Agtste druk 1989

Hardebandboek met mooi skets op voorblad

Bandontwerp: Bekende illustreerder Alida Bothma

Hierdie boek is bekroon met die Sanlamprys vir jeuglektuur in 1985 asook met die Credo-prys in 1986.