Die sneeu bly altyd wit / Morkel van Tonder

R120.00

Die verhaal van Scott se rampspoedige reis na die Suidpool.

Op 17 Januarie 1912 bereik hulle die Suidpool – maar onder glad ander omstandighede as wat hulle verwag het. Die wind waari en daar is ‘n snaakse klam gevoel in die lug … en dit sonder die beloning van eerste daar te wees. Heelpad het hulle teen die tyd en Amundsen getrek, geglo dat hulle die eerste mense op die Pool sal wees. Daarom is dit vyf verweerde manne wat voor die Union Jack staan op aandag vir ‘n foto terwyl die wind ‘n lied van verlatenheid oor die wêreld waai.

Nou is al wat oorbly 900 myl se strompel sonder drome. Met min woorde en groot verlange in die koudste eensaamheid begin hulle worsteling terug oor die ysoseaan van gestolde branders en deinings.

Sondagaand 18 Februarie eis die Pool sy eerste slagoffer – Evans gee in, sterf. ‘n Maand later wys Oates sy selfmoordrantsoen van die hand en stap die tent uit – sy dood tegemoet – probeer so sy makkers red…

1 in stock

SKU: BIO.LIN.001/8/22 ; BIO.ALG.003(B)/9/14/22 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Tweede druk 1971

Hardeband met mooi stofomslag boek is nog netjies met effense skimmelvlekke op binneblaaie veral eerste paar en laaste paar blaaie – ook is daar ‘n naam en ‘n datum in groen pen geskryf voorin boek