Die streke van Emil / Astrid Lindgren

R100.00

Dit help nie om Emil Sondagskool toe te stuur nie, sê Lina, want hy sal tog nooit ‘n goeie seuntjie word nie en hy sal ook nooit in die hemel kom nie… tensy hulle iemand soek om met die donderweer te help!

Hierdie oordeel is miskien ‘n bietjie hard, hoewel Emil soms maar stoute dinge aanvang. Soos die keer toe hy op allerhande maniere probeer het om Lina se tand te trek. Dit was al erg genoeg, maar op dieselfde dag het hy ook die mense van die buurt die skrik op die lyf gejaag deur Idatjie blou te verf en aan te kondig dat sy tifus het.

Dan was daar nog die keer toe hy ‘n padda gevang het en in sy pa se kosmandjie gesit het omdat daar gate in sy eie sakke was!

Ja die mense van Lonneberga het nie juis baie rede om vir Emil lief te wees nie. Maar hy is nie net stout nie, wanneer dit nodig is, is hy ook sommer ‘n seuntjie uit een stuk. Dit het hy bewys op daardie dag kort voor Kersfees toe hy ‘n daad verrig het wat so dapper wa dat die hele distrik daaroor gejuig het en hy al sy kattekwaad vergewe is.

Out of stock

SKU: JEUG.MAR.009/10/10/23 Category:

Description

Uitgewer: Human & Rousseau

Uitgawedatum: Tweede druk 1978

Toestand: Hardeband met mooi omslag, boekinhoud lyk nog nuut

Tekeninge: Deur Bjorn Berg

Oorspronklike titel: An lever Emil i Lonneberga

Vertaal: Uit Sweeds deur Nerina Ferreira

Skrywer: Astrid Lindgren