Emosioneel verwonde pa’s / Wentzel Coetzer

R120.00

Oral waar ons rondom ons kyk (en ook in onsself) sien ons ‘pa-wonde’ en ‘pa-honger.’ Pyn vanuit die verlede met betrekking tot ons verhoudings tot ons vaders is dikwels die oorsaak dat talle Christene worstel met ‘n verdraaide Godsbeeld en dit gevolglik baie moeilik vind om God die Vader intiem en naby te ervaar. Om ‘n gesonde beeld van Hom te kan ervaar, sal ons dus eers ontslae moet raak van al die gebroke ‘vader-filters’ wat meeste van ons met ons saamgedra het die volwasse lewe in. In hierdie boek word gefokus op hierdie tema onder andere vanuit die volgende perspektiewe:

  • Die deurslaggewende rol van die pa
  • Geestelike en emosionele vaderskap
  • Die belangrikheid van insig ten opsigte van jou pa se verhaal (jou pa is ‘in jou’)
  • Emosionele vrylating uit tronke wat deur pa’s gebou is.
  • Om jou vaderverhouding te herbou.
  • Die Pa wat jy altyd graag wou gehad het.

2 in stock

SKU: GEE.WEN.007/9/19; GEE.WEN.008/9/19 Category:

Description

Uitgegee deur die skrywer

2019

Sagteband nuut aangekoop