Description
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe 1990
Sagteband in mooi toestand, enkele bruin vatmerk op eerste binneblad en ‘n stempel boek in puik toestand
R120.00
Dit was aan die begin van die jare twintig dat die jong Evelyn Ferreira in die Bothaville-distrik aangekom het as nuwe onderwyseres vir die eenmanskooltjie op Grondstapel, ‘n nedersetting wat die destydse regering laat opmeet het vir mindergegoedes. Daardie dag in die lendelam têksiekar met die twee mistroostige perde en nog mistroostiger drywer het sy nie kon dink dat sy so aan die plat, wye wêreld met mielielande en dor Augustuswinde sou vasgroei dat dit jare later op sewe en tagtig ‘n skat van herinneringe uit meer as sestig jaar in die Vrystaatse Sandveld sou neerskryf nie.
Out of stock
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe 1990
Sagteband in mooi toestand, enkele bruin vatmerk op eerste binneblad en ‘n stempel boek in puik toestand