Huppelkind / W.O. Kühne

R245.00

Die klassieke 6 Huppel-stories is weer beskikbaar in een pragtige bundel. Wie onthou die Slaapkouse en die Nuuskierige Agies wat moet help dat Storieman sy storie vertel in Wip-Huppel-Wip? In Vrolike Huppelkind besoek hy saam met Fiefman die Land van Wol en Hare, en wanneer Huppel verjaar, kry hy ‘n regte koekoek in ‘n klok! Die kleurvolle, komiese karakters en die vrolike Huppel, tesame met Dorothy Hill se bekoorlike illustrasies, steel kinders se harte sommer gou weer in 2018.

Wilhelm Otto (W.O.) Kühne is in 1924 naby Graaff-Reinet gebore. Hy was vir ’n paar jaar onderwyser by die Laerskool Vredehoek in Kaapstad. Later het hy by Die Burger, onder andere as seiljagverslaggewer, gaan werk. Hy sluit daarna by die redaksies van Die Huisgenoot en Sarie Marais aan. Hy was ook later redakteur van Die Jongspan.

W.O. Kühne is hoofsaaklik bekend vir sy Huppelkind-stories. Dit is eers as stories in Klein Burger gepubliseer. Dit verskyn vanaf 1958 tot 1960 as ses afsonderlike Huppel-boeke by Tafelberg. In 1982 is ’n versamelbundel, Huppel en sy maats gepubliseer. W.O. Kühne was in 1960 die eerste ontvanger van die C.P. Hoogenhout-toekening vir Huppel verjaar. Hy het ook ’n hele paar ander kinder- en jeugboeke geskryf soos Kassie Krog in die knyp (1960), Die kring van Keerom (1962) en Die wonderbaarlike motor van Barnabas Bombas (1981). W.O. Kühne is in 1988 oorlede.

Het jy geweet?

  • Hy is in 1951 met die bekende kinderboek-illustreerder, Dorothy Hill, getroud. Sy het die meeste van sy boeke geïllustreer. Sy was ook bekend vir haar illustrasies van die eerste Liewe Heksie-boeke.

 

Out of stock

SKU: JEUG.NUUT.1-4/11/19 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Datum vrygestel: 25 Mei 2018

Sagteband splinternuut aangekoop, 192 bladsye

Illustrasies deur die bekende Dorothy Hill

Bestel gerus – wag vir aflewering binne die volgende 12 dae.