Ja, Pa! / Louis Wessels

R45.00

Storie oor ‘n seun wat in ‘n gebroke gesin worstel.

Janus hoor homself  praat. Sy stem is rou: “Ek sal daardie spykerskoene nooit weer aan my voete trek nie, Pa! Ek sal nie!” Hy het vaneffe nog gewonder of hy nie maar weer aan die atletiek moet deelneem nie. Vandat hy vanmiddag met Wilma gesels het, is hy nie meer seker dat hy nie wil nie. Maar toe begin sy pa aan tafel vertel van iemand op kantoor wat so spog met sy kind se sportprestasies, en dan was daar die skamper opmerking oor sy seun wat net heeldag in die bioskoop sit… In ‘n huis waar die mense nog selde bymekaar is, sy ma se lewe is vol, sy is gedurig aan die gang – en nooit meer regtig met mekaar praat nie, kan Janus nouliks verduidelik waarom hy so dwars is. Ook sy verhouding met sy vriendin Wilma raak vertroebel omdat hy haar nie die waarheid kan vertel nie. In sy toenemende verwarring is selfs ‘n eenvoudige probleem soos ‘n stukkende flitslig te moeilik om op te los. Daar is niemand wat hom kan raad gee e nook niemand wat hom waarsku toe hy die splinternuewe dinamo van die vreemde fiets afhaal nie. In Ja, Pa! beeld die skrywer fyn uit hoe die verhoudings tussen mense skeefgetrek en verward kan raak. Hoe groter die verwydering word, hoe groter word ook die lus om al hoe meer deure tussen mekaar toe te maak. En die bose kringloop gaan voort tot daar ‘n krisis ontstaan…

6 in stock

SKU: JEUG.SKO.259/15 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Derde druk, 1987

Toestand: Sagteband boek ou skoolboek met stempels, effense sellotapemerke en gewone verweer.