Joof en sy maats op Doringkruin / Cor Dirks

R90.00

In Joof en sy maats op Doringkruin neem Joof sy vriende op ‘n staptoer in die Laeveld – sommer om vir hulle al die bekende plekke en mooi uitsigte te wys.

Al gou egter, bevind hulle hulself in die een belewenis na die ander. Eerstens verdwaal Loot nadat hulle hul kapot geskrik het vir ‘n luiperd, dan beland hulle in ‘n vlammesee.

Dit is eintlik wanneer Joof-hulle betrek word in die raaiselagtigheid wat die inwoners van Doringkruin omhul, dat die leser besef daar is ernstige dinge op die spel, waarvan ‘n ontvoering maar net die punt  van die ysberg is.

 

1 in stock

SKU: JEUG.KLE.002/7/4/24; JEUG.EES.010/12/17 Category: Tags: ,

Description

Uitgewer: Perskor

Uitgawedatum: Eerste uitgawe, tweede druk 1984

Toestand: Hardeband met stofomslag, slegs skeurmerke op agterkant van omslag waar sellotape afgetrek is, inhoud in netjiese en skoon toestand.

Reeks: Doringkruin-reeks – Ander boeke in die reeks:

Joof van Doringkop,

Joof en sy maats by Doringspruit,

Joof en sy maats in Etosha