Sale!

Koors / Dolf van Niekerk

R100.00 R90.00

Dolf van Niekerk se kortprosawerk, Koors is ‘n sterk eenheidsbundel waarin die klem op die liefde val – verlore, verguisde, vergete en nog onontdekte liefde -en op dié wat aan die liefdeskoors ly. Daar is Don Juan wat na die liefde van sy lank verstorwe moeder soek in die baie hande wat hom sedert sy babadae versorg en troetel en aai, die jong briewebesteller wat sy pa se handskrif herken op ‘n brief aan die mooi weduwee van Parkstraat, die jong vrou va ndie dorpie aan die voet van Ararat wat van kleins af wéét alle mans is boos soos Olim, maar dit in die swoelte van ‘n Afrikanag vergeet, die kromme mevrou Gous wat Kersfees na Kersfees op haar Jêkkie wag om van die oorlog huis toe te kom, al kan sy nie meer onthou hoe hy gelyk het nie, die vrou wat met die 16-Op-trein kom en die lewe van die sinjaalman op ‘n godverlate haltetjie onherroeplik verander …

In die twaalf tekste in hierdie bundel toon Van Niekerk weer eens sy onthutsende vermoë om die fynste gevoelsnuanses te verwoord; om wisselende stemminge uit te beeld – van broeiende morbiditeit tot ekstase, om die barre Afrikaruimte te laat saamspeel in die teks sodat dit ‘n vergestalting van die karakters se emosionele ontreddering word.

1 in stock

SKU: FIKSIE.WAV.003/7/20 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe 1997

Sagteband boek is splinternuut