Description
Uitgewer: Tafelberg
Waarskynlik tweede uitgawe, eerste druk, 1977 – titelblad is uitgeskeur
Toestand: Rooi hardebandboek sonder stofomslag, heelwat skimmelvlekkies in boek maar nog stewig
Stofomslagontwerp: Helmut Starcke
R90.00
Enigeen wat Lafras Cuyper uit Karl Kielblock se vorige twee romans, Lafras Cuyper Kanonnier en Luitenant Lafras Cuyper leer ken het, sal verwag dat spannende avonture sal volg as hy gevra word om Rossillon, Napoleon se gesant, van Mauritius, die Franse kapernes, na Indië te bring, want die Napoleonitiese oorloë is nog aan die gang en Indië is in Engelse besit.
Lafras is nog dieselfde man van vroeër – die beste kanonnier in die Stille Oseaan, ‘n man wat oor buitengewonde gesigsvermoë beskik, ‘n man wat selfs deur sy vyande as waaghalsig, dapper, slim en gelukkig beskryf word, ‘n man wat glo: “Mense dink volgens hul opleiding… die dinkproses volg naderhand ‘n patroon en as ‘n buitestaander hom dan in dié persoon se posisie kan stel, kan hy raai presiers tot watter gevolgtrekking hy sal kom.”
Hierdie keer raak hy verlief… op die vinnigste korvet in die Stille oseaan, die Hirondelle…
1 in stock
Uitgewer: Tafelberg
Waarskynlik tweede uitgawe, eerste druk, 1977 – titelblad is uitgeskeur
Toestand: Rooi hardebandboek sonder stofomslag, heelwat skimmelvlekkies in boek maar nog stewig
Stofomslagontwerp: Helmut Starcke