Ligdans: Depressie-vegters se verhale van hoop /Els, Jeanne

R110.00

Die skrywer vertel hoe sy met haar jare se sluimerende depressie treetjie vir treetjie in ‘n verskrikkende maalkolk beland het. Met suiwer genade, ‘n diep geloof, mediese hulp en haar man en twee seuns se liefde he tsy mettertyd weer met passie in die lig begin leef.

Sy verweer haar eerlike, dikwels rou en skokkende maar ook hoogs inspirerende verhaal met die vertellings van nog 16 ander depressie-vegterss. Hulle ouderdomme, beroepe, lewensfilosofieë en oortuigings oor geloof verskil, maar almal erken openlik (sommige nou vir die eerste keer) dat hulle ‘n stryd met depressie veg…

Medevertellers: Deirdre Barnard-Visser (dogter van dr. Chris Barnard), Amore Bekker (RSG aanbieder), David Kramer, Danie Niehaus, Amanda Strydom (sanger) is van die mense wat in Ligdans hul verhale vertel…

As ons almal net makliker, sonder vooroordeel of stigma, oor depressie kon praat! – Ruda Landman –

 

2 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.(B).002/3/24; NIE-FIKSIE.JAC.003/10/22 Category:

Description

Uitgewer:  Lux Verbi

Eerste uitgawe Tweede druk 2008

Toestand:  Sagteband in goeie toestand