Nagbrug / Adriaan Snyman

R75.00

Hierdie verhaal is gebaseer op die skrywer se boek Die laaste vrees. Skets van die Liberator B-24J-bomwerper op die binneblad.

Luit. Michael Cilliers is ‘n jong Suid-Afrikaner wie se eskader in Italië gebaseer is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Na ‘n senutergende oefenvlug en ‘n mislukte landing met ‘n Liberator, is Michael bang dat hy ook, soos sy pa, as ‘n lafaard gebrandmerk sal word. Hy voel dat hy die vernedering nog kan aanvaar as Janina, die aantreklike Poolse navigator, nie ook aan boord was nie.

Dan hoor Eskader 35 dat hulle ‘n nagvlug na Warschau moet onderneem om noodvoorrade vir die Poolse partisane af te gooi. Die vlug verander in ‘n nagmerrie as Michael die beheer van die vliegtuig moet oorneem en ‘n noodlanding in vyandelike gebied met uitvoer…

‘n Spannende tienerverhaal wat op die werklikheid gegrond is en ‘n beeld gee van ‘n jong man se stryd om sy vrees te oorwin te midde van die aaklige werklikhede van ‘n oorlogsituasie.

1 in stock

SKU: JEUG.BFL.017/7/20 Category: Tags: ,

Description

Human & Rousseau

Tweede druk 1989

Sagtebandboek in mooi toestand