Namakwalandse kroniek / H.A. Rossouw

R110.00

H.A. Rossouw is gebore op die plaas Damsland in die Kamiesberg op 12 Augustus 1898. Hy was byna sy lewe lank onderwyser in Namakwaland. Hy begin sy onderwysloopbaan as ongesertifiseerde onderwyser by ‘n Staatskool teen 42 pond per jaar plus gratis kos en inwoning. Daarna kwalifiseer hy aan die Wellingtongse Opleidingskollege en word aangestel as hoof van die skool op Gamoep. In latere jare hou hy skool op verskillende plekke in Namakwaland. Gedurende hierdie tyd het hy byna elke plaas, sy baas en sy boerderymetoedes leer ken. Op sy lang togte te perd,  maak hy kennis met ongekunstelde, karaktervaste mense met hul droë humor, en raak ook bekend as boerdery-organiseerder. Hy speel ‘n groot rol in die stigting van die Namakwalandse Vleiskooperasie.

Met die ontdekking van diamante betree hy die politieke terrein. Hy skaar hom by genl. Hertzog met sy beleid van ‘n Staatsdelwery. As organiserende sekretaris deurreis hy Namakwaland kruis en dwars, en leer die mense van die gebied ken soos seker niemand nog na hom nie…!

Out of stock

SKU: FIKSIE.SUR.003/5/22 Categories: ,

Description

Universiteitsuitgewers en – boekhandelaars

Eerste uitgawe 1973

Hardeband met stofomslag , stempels in boek en withdrawn stempel voorin boek